# Krieket: Die Indiese Vroue se besoek aan Suid-Afrika in Desember sal nou ook ‘n T20-reeks teen die Proteas insluit. Die toer begin op 9 Desember met ‘n toets in Gqeberha. Daarna volg drie eendagwedstryde – in Potchefstroom op 16 Desember, in Bloemfontein die 19de en in Kaapstad die 22ste. Die drie T20s word op 26 Desember in Benoni gespeel, en op 29 en 30 Desember in Potchefstroom. Die T20-reeks sal dien as voorbereiding vir Februarie se Kampioenetrofee-toernooi in Sri Lanka.
Krieket: Proteas- en Indië se vrouespanne speel nou ook ‘n T20-reeks in Desember