Skip to content

Krieket: Proteas begin verdediging van Wêreldtoetskampioenskap volgende maand teen Pakistan

# Krieket: Suid-Afrika begin die verdediging van hulle Wêreld-toetskampioenskaptitel met ‘n reeks van twee toetse teen Pakistan vanaf 12 tot 24 Oktober in Lahore en Rawalpindi. Kaptein Temba Bavuma speel nie weens ‘n kuitspierbesering en Aiden Markram is as kaptein aangewys. Draaibouler Simon Harmer is vir die eerste keer herroep sedert Maart 2023. David Miller is die kaptein van die T20-groep, terwyl Matthew Breetzke die eendagspan sal lei. Donovan Ferreira is in beheer van die T20-span teen Namibië op 11 Oktober in Windhoek.