Skip to content

Krieket: Proteas begin verdediging van Wêreldtoetskampioen-titel teen Pakistan

# Krieket: Die Proteas begin die verdediging van hulle titel as Wêreldtoetskampioen Sondag teen Pakistan in Lahore. Die span word gelei deur T20 kaptein, Aiden Markram in die afwesigheid van die beseerde Temba Bavuma. Hy hoop hulle voorbereiding op die droeë, draaibal-vriendelike kolfblaaie in Pretoria sal hulle help met spel in die Suid-Asiatiese land wat na verwagting Pakistan se draaibalboulers sal bevoordeel. Markram wys daarop dat beide spanne op dieselfde kolfblad moet kolf, wat die omstandighede uitdagend maak vir almal. Die tweede toets begin in Rawalpindi op die 20ste.