# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê Duan Jansen is ‘n dinamiese veelsydige speler van dieselfde kaliber as sy tweelingbroer, Marco, en hy hou hom al ‘n geruime tyd dop. Marco het sedert 2021 vir Suid-Afrika geskitter met die kolf en die bal. Duan sal na verwagting sy internasionale buiging maak in volgende maand se driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe in Windhoek nadat hy beïndruk het vir die Joburg Super Kings in die SA20, Mumbai Indians in die Indiese Premierliga en die plaaslike span, die Titans.
Krieket: Proteas-afrigter sê hy hou Duan Jansen al ‘n tyd lank dop