# Krieket: Protea-vrouekaptein, Laura Wolvaardt sê hulle is vol vertroue voor die Driehoekige Eendag-reeks teen Sri Lanka en Indië in Colombo. Daar is drie nuwelinge in die groep: die 17-jarige paaltjiewagter-kolwer Karabo Meso, en die veelsydige draaiboulspelers Seshnie Naidu en Miane Smit. Suid-Afrika se openingswedstryd is vandag teen Indië. Wolvaardt sê hulle het goeie voorbereiding gedoen, veral om gewoond te raak aan die toestande en die hitte.
Krieket: Protea-vroue vol vertroue voor die Driehoekige Eendagreeks teen Sri Lanka en Indië