# Krieket: Die Protea-vroue het Sri Lanka oortuigend verslaan in die driehoekige eendag-toernooi in Colombo. Die besoekers het ’n uitstekende 315 vir nege aangeteken danksy Annerie Dercksen se eerste honderdtal en Chloé Tryon se 74. Kaptein Laura Wolvaardt, Nadine de Klerk en Tazmin Brits het almal meer as 30 lopies aangeteken. Die gasvroue is daarna vir slegs 239 uitgeboul, wat Suid-Afrika ’n oorwinning met 76 lopies besorg het. Tryon het vyf paaltjies geneem. Dit was die Proteas se eerste oorwinning, terwyl Sri Lanka en Indië Sondag in die eindstryd speel.
Krieket: Protea-vroue verslaan Sri Lanka in hulle laaste wedstryd in Colombo