# Krieket: Die Proteas-vroue speel vanaand teen Nederland in ‘n T20 Wêreldbeker-groepwedstryd in Bristol, Engeland, en is steeds op koers vir ‘n plek in die halfeindronde. Suid-Afrika het vinnig reggekom ná die nederlaag teen Australië en dit opgevolg met oorwinnings oor Pakistan en Indië. Die vroue speel hul laaste groepwedstryd teen Bangladesj. Die Proteas is tans derde in die groep na Australië en Indië, maar Indië moet nog teen die sterk span van Australië speel. Slegs die top-twee spanne in elke groep dring deur na die halfeindronde.
Krieket: Protea-vroue vanaand teen Nederland in belangrike Wêreldbeker-kragmeting