Skip to content

Krieket: Protea-vroue terug op die wenpad in die T20-Wêreldbeker

# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan in Edgbaston, Engeland, met twee paaltjies verslaan om hul eerste oorwinning in die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue te behaal. Kaptein Fatima Sana het ʼn onoorwonne 55 bygedra tot Pakistan se 126 vir nege en Marizanne Kapp het drie paaltjies platgetrek. Daarna het die veelsydige Annerie Dercksen 52 van 35 balle gemoker terwyl Nadine de Klerk se 37 die Proteas tot ‘n oorwinning gelei het met drie boulbeurte oor. Suid-Afrika het daarmee herstel na hul nederlaag teen Australië in die openingswedstryd, en is nou derde in Groep A.