Skip to content

Krieket: Protea-vroue speel vandag teen Sri Lanka in Wêreldbeker

# Krieket: Die Protea-vroue speel vandag teen die mede-gasvrou, Sri Lanka, in ‘n Wêreldbeker-groepwedstryd in Colombo. Suid-Afrika is tans derde op die punteleer na agtereenvolgende oorwinnings oor Nieu-Seeland, Indië en Bangladesj nadat hulle die openingswedstryd teen Engeland verloor het. Engeland is boaan die punteleer na drie oorwinnings en Woensdag se onbesliste uitslag teen Pakistan. Die verdigende kampioen, Australië, is tweede en Indië vierde, gevolg deur Nieu-Seeland, Bangladesj, Sri Lanka en Pakistan.