# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan in Colombo volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 150 lopies verslaan om boaan die Vroue-wêreldbeker se punteleer te eindig. Kaptein Laura Wolvaardt het 90 van 82 balle behaal en die Proteas het in 40 boulbeurte 312 vir nege aangeteken voor reën hul beurt in die wiele gery het. Dis Suid-Afrika se hoogste totaal in Wêreldbeker-geskiedenis. Pakistan is tot 83 vir sewe beperk terwyl hulle mikpunt ʼn verlaagde 234 in 20 boulbeurte was. Die Proteas het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer terwyl Pakistan uit die toernooi is.
Krieket: Protea-vroue skop Pakistan uit Wêreldbeker