# Krieket: Die Protea-vroue se plaasvervanger-kaptein, Chloe Tryon, sê hulle moet nou basiese dinge goed begin doen. Suid-Afrika het ‘n nederlaag van 23 lopies teen die Indiese Vroue in hul eendagwedstryd in Colombo gely. Dit sluit hulle uit Sondag se eindstryd. Indië het 337 vir nege lopies aangeteken, met Jemimah Rodrigues op 123. In reaksie hierop is die Proteas beperk tot 314 vir sewe, met Annerie Dercksen op 81. Tryon sê ondanks die nederlaag het die span het baie karakter getoon. Suid-Afrika speel môre teen die gasvrou Sri Lanka.
Krieket: Protea-vroue ly nederlaag teen Indië, en word uitgesluit vir Sondag se eindstryd