Skip to content

Krieket: Protea-vroue kom steeds in aanmerking vir plek in T20-Wêreldbeker se halfeindronde 

# Krieket: Suid-Afrika se vroue het Nederland in Bristol met 88 lopies afgeransel in die T20-Wêreldbekertoernooi en is steeds op koers om die halfeindronde te haal. Tazmin Brits het ʼn onoorwonne 114 bygedra tot die Proteas se 208 vir een. Ayabonga Khaka het daarna drie paaltjies platgetrek en Nederland tot 120 vir agt help beperk. Suid-Afrika moet Bangladesj in hul laaste groepswedstryd klop en hoop Indië verloor teen Australië om die halfeindronde te haal, anders sal kwalifisering van die netto lopie-koers afhang.