# Krieket: Suid-Afrika benodig 252 vir ‘n oorwinning oor die mede-gasvrou, Indië, in hulle Wêreldbeker-groepswedstryd in Visakhapatnam. Chloé Tryon was die beste Protea-bouler met drie paaltjies vir slegs 32 lopies in haar tien boulbeurte. Marizanne Kapp, Nadine de Klerk en Nonkululeko Mlaba het elk twee paaltjies geneem. Richa Ghosh het die hoogste telling vir ‘n nommer nege-kolwer in ‘n Wêreldbekertoernooi aangeteken, met 94 lopies voordat De Klerk haar paaltjie ingepalm het. Die laaste paaltjie het van die voorlaaste bal geval.
Krieket: Protea-vroue jaag wenteiken van 252 in Wêreldbekerwedstryd teen Indië