# Die veelsydige Nadine de Klerk van die Proteas-vroue glo die span sal herstel na die swaar openingsnederlaag teen Australië in die Vroue-T20-Wêreldbeker. Hulle speel Woensdag in hul tweede wedstryd van die toernooi teen Pakistan, in Birmingham. Die Aussies het die Proteas behoorlik afgeransel met ‘n gemaklike oorwinning van 65 lopies. De Klerk sê hoewel Pakistan ook baie draaibalspelers in hul span het, en hulle teen Australië gesukkel het, is hulle ‘n goeie kolf-eenheid. Die wedstryd begin om 19:30 op Edgbaston in Birmingham.
Krieket: Protea-vroue is reg vir Pakistan se draaibalaanval in volgende T20-kragmeting