# Krieket: Die Protea-snelbouer Kwena Maphaka moes weens ‘n beenbesering onttrek aan Saterdag se eenmalige T20-wedstryd teen Namibië en die toer na Pakistan. Die 19-jarige het verlede week die besering opgedoen toe hy vir die Lions in Kaapstad gespeel het. Hy sal die volgende vier weke rehabilitasie ondergaan. Die Dolphins se snelbouler, Ottneil Baartman, vervang Maphaka terwyl Lizaad Williams by die eendaggroep aansluit vir die reeks teen Pakistan.
Krieket: Protea-snelbouler Maphaka uit toer na Pakistan