Skip to content

Krieket: Protea mans- en vrouespanne speel volgende jaar gelyktydig T20’s in Nieu-Seeland

# Krieket: Die Protea mans- en vrouespanne sal in Maart volgende jaar gelyktydig meeding in Nieu-Seeland. Die mans sal teen die Swartpette speel in ‘n T20-reeks van vyf wedstryde en die vrouespan pak die White Ferns op dieselfde dae en dieselfde stadions. Die wedstryde vind plaas in Mount Maunganui, Hamilton, Auckland, Wellington en Christchurch. Krieket Suid-Afrika se direkteur van nasionale spanne, Enoch Nkwe, beskryf die dubbele reeks as ‘n opwindende stap vir Suid-Afrika se verhouding met Krieket Nieu-Seeland.