Skip to content

Krieket: Protea-afrigter sê sy aanstelling het niks met Heinrich Klaasen se uittrede te doen nie

# Krieket: Protea-hoofafrigter Shukri Conrad het berigte verwerp dat sy aanstelling as Suid-Afrika se witbal-afrigter enigiets met Heinrich Klaasen se uittrede te doen het. Conrad is verlede maand aangestel as die Protea-afrigter vir alle formate. Dis ʼn maand nadat Klaasen, selfs nie eens as witbalspeler, nie ingesluit is by Krieket Suid-Afrika se sentrale kontraklys nie. Conrad sê Klaasen het lank voor hy aangestel is KSA se aanbod vir ʼn volle kontrak van die hand gewys. Hy sê dis jammer om ʼn speler van Klaasen se kaliber te verloor.