Skip to content

Krieket: Ponting sê Punjab het nog niks bereik nie al het hulle die IPL-uitspeelrondes gehaal

# Krieket: Punjab Kings se hoofafrigter, Ricky Ponting, het sy spelers gewaarsku hulle kan nog nie ontspan nie al het hulle die uitspeelrondes van die Indiese Premierliga die eerste keer in 11-jaar bereik. Die span is verseker van ‘n eerste of tweede plek en speel Donderdag teen Royal Challengers Bengaluru of Gujarat Titans in die kwalifiseerder, afhangend van die uitslag van vandag se laaste groepswedstryd tussen RCB en Lucknow Super Giants. Ponting sê hy is verheug, maar hulle het nog niks bereik nie.