# Krieket: Dis nou of nooit vir die Proteas-vroue in môre se laaste T20 Wêreldbekergroepwedstryd in Engeland. Suid-Afrika speel teen Bangladesj na afloop van die wedstryd tussen Indië en Australië. Die Aussies is boaan die groep, gevolg deur Indië en die Proteas. ‘n Oorwinning vir Suid-Afrika sal hul kans versterk om die halfeindronde te haal, terwyl Australië teen Indië moet wen. Die halfeindwedstryde word Dinsdag en Donderdag gespeel, met die eindstryd volgende Sondag op Lord’s in Londen.
Krieket: Plek in T20 Wêreldbeker-halfeindronde môre op die spel vir Proteas-vroue