# Krieket: Die Indiese Premierliga het die uitspeelrondes bereik en ‘n plek in die eindstryd is op die spel in vandag se eerste kwalifiseringswedstryd. Die voorste twee spanne in die liga-fase, die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, en Gujarat Titans, speel in Dharamsala. Die wenner dring deur na Sondag se eindstryd, terwyl die verloorder nog ‘n kans kry in Vrydag se tweede kwalifiseerder. Dit sal wees teen die wenner van môre se uitskakelstryd tussen Rajasthan Royals en Sunrisers Hyderabad in New Chandigarh.
Krieket: Plek in IPL-eindstryd vandag op die spel in Dharamsala