Skip to content

Krieket: Pakistanse kolwer besef gashere moet in elke faset verbeter na tweede nederlaag

# Krieket: Die Pakistanse kolwer Saud Shakeel besef hulle moet in elke faset van hul spel verbeter. Hulle het gister in Dubai met ses paaltjies teen hulle aartsvyand, Indië, verloor. Dit was die gasheer se tweede nederlaag in die Kampioenetrofee en plaas hom op die randjie om uitgeskakel te word. Shakeel het die beste gevaar met 62, maar Pakistan is vir net 241 uitgeboul en Indië het die teiken in hulle 43ste boulbeurt bereik. Bangladesj moet Nieu-Seeland vandag klop om Pakistan nog enige kans te gee om die halfeindronde te haal.