Skip to content

Krieket: Pakistan vra verwydering van wedstrydskeidsregter na omstrede Asiëbekerwedstryd teen Indië

# Krieket: Die Pakistanse krieketbeheerliggaam, vra dat wedstrydskeidsregter, Andy Pycroft verwyder moet word na die Asiëbekerwedstryd teen Indië in Dubai. Dit volg nadat die Indiese spelers geweier het om na die wedstryd hand te skud met die Pakistanse spelers. Indië het die wedstryd met sewe paaltjies gewen. Dit is die eerste wedstryd tussen die twee aardsvyande sedert die vierdaelange militêre konflik in Mei. Die voorsitter van die Pakistanse Krieketraad, Mohsin Naqvi, het dit as swak sportmanskap bestempel en ‘n klagte teen Pycroft by die Internasionale Krieketraad aangeteken vir ‘n oortreding van die gedragskode.