# Krieket: Pakistan sal Sondag vir die eerste keer teen Indië in die eindronde van die T20 Asië-beker speel, nadat die boulers, ten spyte van swak kolfwerk, Bangladesh gister met 11 lopies oorwin het in hulle Super Vier-wedstryd. Die Bangladesh-snelbouler, Taskin Ahmed, het drie paaltjies vir slegs 28 lopies ingepalm terwyl Pakistan ‘n slordige vertoning op ‘n moeilike kolfblad gelewer het en in hul toegelate 20 boulbeurte slegs 135 vir die verlies van agt kon aangeteken. Pakistan se snelboulers, Shaheen Shah Afridi en Haris Rauf het Bangladesh tot 124 lopies beperk en hulle plek in Sondag se eindronde verseker.
Krieket: Pakistan speel teen Indië in die eindronde van die Asië-beker