Skip to content

Krieket: Pakistan klop die Proteas met 93 lopies in die eerste toets in Lahore

# Krieket: Pakistan het Suid-Afrika met 93 lopies verslaan in die eerste van twee toetse in Lahore. Die tuisspan het die besoekers ‘n wenteiken van 277 gestel en die Proteas het vandag hul tweede beurt op 51 vir twee hervat nadat kaptein Aiden Markram en naguiltjie Wiaan Mulder gister uitgehaal is. Ryan Rickelton se kolfbeurt het vanoggend geëindig op 45 en Dewald Brevis s’n op 54. Die ander kolwers het nie beduidende bydraes gemaak nie en Suid-Afrika is uitgeboul vir slegs 183. Die tweede toets begin Maandag in Rawalpindi.