# Krieket: Die snelbouler en veelsydige speler Jamie Overton is ingesluit by Engeland se groep vir die vyfde en laaste toets teen Indië wat Donderdag op die Oval in Londen begin. Dit volg nadat die gashere se snelaanval nie die besoekers kon uitboul op die laaste dag van die vierde toets op Old Trafford nie. Die wedstryd het onbeslis geëindig. Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê hulle het vars bene nodig, maar hy sal speel al sukkel hy met beserings. Overton het in 2022 sy enigste toets vir Engeland gespeel.
Krieket: Overton ingesluit in Engeland se groep vir laaste toets teen Indië