# Krieket: Reën het gister die openingsdag van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië op St George’s-park in Gqeberha in die wiele gery. Slegs 12,2 boulbeurte kon gespeel word, met die Proteas op 20 vir twee in hul eerste beurt. Scott Boland het albei paaltjies vir die besoekers geneem. Kaptein Temba Bavuma sal vandag sy onoorwonne beurt voortsit op vier lopies. Marques Ackerman sal ook kolf nadat hy sy debuut vir die Proteas gemaak het met vyf lopies van 32 balle. Australië het die eerste toets in Durban met 214 lopies gewen.
Krieket: Openingsdag van die tweede toets tussen SA en Australië byna heeltemal deur reën in die wiele gery