# Krieket: Die Sunrisers Hyderabad en die Chennai Super Kings is op die wenpad in die Indiese Premierliga. Ishan Kishan het ‘n onoorwonne 106 gemoker met die Sunrisers wat met ‘n 44-lopie-oorwinning teen die Rajasthan Royals begin het. Die Sunrisers het in verlede jaar se eindstryd teen die Kolkata Knightriders verloor. In Sondag se tweede wedstryd het Rachin Ravindra van Nieu-Zeeland ‘n onoorwonne 65 aangeteken vir die Chennai Super Kings se vier-paaltjie oorwinning teen die Mumbai Indians. Vandag pak die Delhi Capitals die Lucknow Super Giants.
Krieket: Oorwinnings vir Sunrisers Hyderabad en Chennai Super Kings in die IPL