# Krieket: Die Australiër Mitchell Starc het geskitter met die bal in die Delhi Capitals se sewe-paaltjie-sege oor Sunrisers Hyderabad in die Indiese Premierliga. Starc het sy eerste vyf-paaltjie-oes in T20-krieket behaal en die Sunrisers tot 163 beperk. In antwoord daarop het die Suid-Afrikaner Faf du Plessis 50 aangeteken en die Delhi Capitals het die teiken bereik met 30 balle oor. In Guwahati het Nitish Rana 81 lopies behaal en die Rajasthan Royals hul eerste oorwinning in die huidige veldtog besorg met ʼn ses-lopie-sege oor die Chennai Super Kings.
Krieket: Oorwinnings vir Delhi Capitals en Rajasthan Royals in Indiese Premierliga