Skip to content

Krieket: Oortuigende oorwinning vir Proteas in eerste eendagwedstryd teen Australië

# Krieket: Die draaibouler Keshav Maharaj het die ergste verwoesting gesaai om die Proteas te help om Australië met 98 lopies te klop in die eerste eendagwedstryd in Cairns. Hy het vyf paaltjies geneem vir 23 en die gasheer is vir 198 uitgeboul. Die Protea-aanvangskolwer Aiden Markram het vroeër die hoogste telling van 82 aangeteken terwyl kaptein Temba Bavuma 65 bygedra het en Matthew Breetzke 57. Die besoekers het 296 vir agt bereik. Die tweede wedstryd word Vrydag in Mackay gespeel en die laaste een Sondag op dieselfde veld.