# Krieket: Daar is steeds onsekerheid oor die fiksheid van die wêreld se beste eendagbouler, Sophie Ecclestone van Engeland, vir môre se Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Protea-vroue. Sy het haar skouer Sondag beseer tydens die laaste groepswedstryd teen Nieu-Seeland en kon nie haar boulskof voltooi nie. Die bestuur sê Ecclestone sal voor die wedstryd voortdurend ondersoek word. Sy en haar spanmaat Linsey Smith is die gesamentlik voorste paaltjienemers in die toernooi met 12 elk. Australië en die mede-gasvrou, Indië, speel Donderdag in die tweede halfeindstryd.
Krieket: Onsekerheid oor fiksheid van beste eendagbouler vir Wêreldbeker-halfeindstryd teen Suid-Afrika