Skip to content

Krieket: Nuwe Wêreldtoetskampioenskap begin op Headingley na die Proteas se oorwinning

# Krieket: Die nuwe Wêreldtoetskampioenskap-siklus is reeds onderweg, na Suid-Afrika se uitstekende oorwinning oor Australië die afgelope naweek op Lord’s. Die nuwe siklus begin vandag op Headingley met die eerste van vyf toetse tussen Engeland en Indië. Dit is ‘n nuwe era vir Indië sonder legendariese staatmakers Virat Kohli en Rohit Sharma. Indië gaan probeer om vir die eerste keer in 18 jaar ‘n reeks in Engeland te wen. Shubman Gill is die besoekers se nuwe kaptein. Die ander vier toetse word gespeel op Edgbaston, Lord’s, Old Trafford en die Oval.