Skip to content

Krieket: Nieu-Seeland klop Suid-Afrika met sewe paaltjies in T20-reeks in Zimbabwe

# Krieket: Nieu-Seeland het ‘n gemaklike oorwinning van sewe paaltjies oor Suid-Afrika behaal in die driehoekige T20-reeks in Harare, Zimbabwe. Suid-Afrika is beperk tot 134 lopies vir agt nadat hulle ingestuur is om te kolf. Reeza Hendricks se 41 van 37 was die hoogste telling. Die Proteas kon slegs 18 lopies in die eerste vyf boulbeurte aanteken al het hulle net een paaltjie verloor. Nieu-Seeland se aanvangskolwer, Tim Seifert, het ‘n onoorwonne 66 bygedra en die Swartpette het maklik gewen met 25 balle oor.