# Krieket: Nieu-Seeland het Pakistan met 84 lopies verslaan in die tweede eendagwedstryd in Hamilton om ‘n onaanvegbare voorsprong van 2-0 op te bou in die reeks van drie kragmetings. Mitchell Hay het ‘n onoorwonne 99 van 78 gemoker om die Swartpette na 292 vir agt te neem in hulle 50 boulbeurte. Ben Sears het vyf paaltjies geneem met sy eendag-buiging en Pakistan is vir 208 uitgeboul in hulle 42ste boulbeurt. Die laaste wedstryd sal Vrydag in Mount Maunganui gespeel word.
Krieket: Nieu-Seeland beklink eendagreeks teen Pakistan