# Krieket: Die gewese kolwer Usman Khawaja se plofbare onthullings oor die skuurpapier-skandaal het Krieket Australië ‘n forum laat vestig waar spelers en personeellede hul weergawe van 2018 se gebeure in Suid-Afrika kan deel. Khawaja skryf in sy outobiografie die hele groep het geweet van die balpeuter-plan, hoewel net Steve Smith, David Warner en Cameron Bancroft gestraf is. Warner het dit bevestig, maar die huidige kaptein, Pat Cummins, het dit heftig ontken. Krieket Australië sê die forum is nie ‘n nuwe ondersoek nie en sal nie tot straf lei nie.
Krieket: ‘n Forum word gestig na Khawaja se skuurpapier-onthullings