# Krieket: Kaptein Hardik Pandya sal nie beskikbaar wees om Mumbai Indians Sondag aan te voer in hul Indiese Premierliga-openingswedstryd teen Chennai Super Kings nie. Hy dien ‘n skorsing van een wedstryd uit vir ‘n derde agtereenvolgende stadige boulbeurt-koers in verlede jaar se kompetisie. Pandya sê die situasie was buite sy beheer nadat hulle die laaste boulbeurt een en ‘n half of twee-minute laat afgestuur het, en nie toe besef het wat die gevolge gaan wees nie. Suryakumar Yadav sal Mumbai teen Chennai lei.
Krieket: Mumbai se kaptein, Pandya, dien skorsing van een wedstryd uit aan begin van IPL