Skip to content

Krieket: Mumbai Indians klop Delhi Capitals om IPL-uitspeelronde te haal

# Krieket: Mumbai Indians het Delhi Capitals met 59 lopies verslaan vir ‘n plek in die Indiese Premierliga se uitspeelrondes. Suryakumar Yadav het ʼn onoorwonne 73 van 43 balle behaal en Mumbai het 180 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. Mitchell Santner en Jasprit Bumrah het daarna met die bal beïndruk en elkeen drie paaltjies platgetrek, en Delhi is vir 121 uitgeboul met tien balle oor. Mumbai sluit nou in die uitspeelrondes aan by Gujarat Titans, Royal Challengers Bengaluru en Punjab Kings.