# Krieket: Wiaan Mulder sal die Proteas aanvoer in die tweede toets teen Zimbabwe nadat Keshav Maharaj weens ‘n besering moes onttrek. Maharaj was die waarnemende kaptein in die afwesigheid van die beseerde Temba Bavuma, maar het Maandag ‘n liesbesering opgedoen terwyl hy gekolf het in die eerste toets in Bulawayo. Hy sal na Suid-Afrika terugkeer vir verdere ondersoeke en Senuram Muthusamy is as sy plaasvervanger aangewys. Die tweede toets begin Sondag, ook in Bulawayo, nadat Suid-Afrika die eerste toets met 328-lopies gewen het.
Krieket: Mulder voer die Proteas aan in tweede toets teen Zimbabwe na Maharaj besering opdoen