# Krieket: Die waarnemende kaptein, Wiaan Mulder, het die beste toetstelling vir ‘n Suid-Afrikaner oortref op die tweede oggend van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo. Hy het die rekord van ‘n onoorwonne 311 verbeter wat Hashim Amla in 2012 op die Oval teen Engeland aangeteken het. Hulle is die enigste Protea-kolwers wat nog ‘n driedubbele honderdtal kon bereik. Mulder is ook die eerste speler om ‘n 300-tal aan te teken in sy buiging as toetskaptein. Hy het na middagete verklaar op 626 vir vyf, en onoorwonne op 367.
Krieket: Mulder maak geskiedenis in tweede toets teen Zimbabwe