Skip to content

Krieket: Moroney aangestel as nuwe sameroeper van keurders vir Proteas-manspan

# Krieket: Patrick Moroney is aangestel as die nuwe sameroeper vir die keurders van die Proteas-manspan. Sy vorige ondervinding sluit in sameroeper van die keurders vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Akademie, die Suid-Afrikaanseontluikende spelers en die mans onder-19 spanne. Krieket Suid-Afirka sê Moroney sal by die Sentrum van Uitnemendheid in Pretoria gebaseer wees en hy sal saam met die afrigter van die Proteas, Shukri Conrad, werk. Die direkteur van die nasionale spanne en hoë werkverrigting, Enoch Nkwe, sê Moroney se omvattende kennis van die spel maak hom die ideale kandidaat vir die pos.