Skip to content

Krieket: Mitchell Marsh skitter met die kolf in Super Giants se sege oor RCB

# Krieket: Lucknow Super Giants het die verdedigende kampioen, Royal Challengers Bengaluru, met nege lopies verslaan in hul Indiese Premierliga-kragmeting. Die wedstryd, wat herhaaldelik deur reën onderbreek is, is tot 19 boulbeurte beperk. Mitchell Marsh het 111 van 56 balle gemoker en bygedra tot Lucknow se 209 vir drie. Prince Yadav het daarna drie paaltjies platgetrek en RCB het geëindig op 203 vir ses teenoor die Duckworth-Lewis-Stern-teiken van 213. Lucknow bly laaste op die punteleer, maar het nog ‘n buitekans om die uitkloprondes te haal.