# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, het die Engelse en Walliese Krieketraad gekritiseer vir ‘n vertraging van vier maande met die aanstelling van ‘n nuwe nasionale keurder. Luke Wright het sy bedanking in Januarie aangekondig en amptelik vertrek toe die T20-Wêreldbekertoernooi in Maart geëindig het. Onderhoude is hierdie week gevoer, met sowat 80 aansoekers, insluitend die voormalige boulers Steven Finn en Darren Gough. Engeland sal na verwagting sy groep vir die eerste toets teen Nieu-Seeland oor twee weke aankondig. Vaughan het die vertraging as belaglik beskryf.
Krieket: Michael Vaughan looi raad oor vertraging met aanstelling van nuwe nasionale keurder