Skip to content

Krieket: Marizanne Kapp haal die IKK T20 Vroue-wêreldbeker se Span van die Toernooi

# Krieket: Marizanne Kapp is die enigste Suid-Afrikaner in die T20-Wêreldbeker se Span van die Toernooi. Die 36-jarige Kapp het 124 lopies aangeteken en agt paaltjies platgetrek voor die Protea-vroue in die halfeindronde teen Engeland verloor het. Die kampioen, Australië, het vier spelers in die span: kaptein Sophie Molineux, Beth Mooney, Ellyse Perry en Ashleigh Gardner. Die naaswenner, Engeland, het twee verteenwoordigers: Danni Wyatt-Hodge en kaptein Nat Sciver-Brunt, met een speler elk van Indië, Ierland, Sri Lanka, Pakistan en Skotland.