# Krieket: Die Suid-Afrikaanse draaibouler Keshav Maharaj is terug boaan die wêreldranglys vir mans-eendagboulers na sy skitterspel in Dinsdag se eerste wedstryd teen Australië in Cairns. Hy het sy eerste vyfpaaltjie-oes ingesamel en die Proteas gehelp om die gasheer met 98 lopies te klop. Die 35-jarige Maharaj het Kuldeep Yadav van Indië en Maheesh Theekshana van Sri Lanka verbygesteek om die eerste keer sedert einde 2023 bo-aan die lys te wees. Aiden Markram op 21ste is die Protea se beste eendag-kolwer.
Krieket: Maharaj terug boaan wêreldranglys na vyf paaltjies teen Australië