# Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Tom Latham, en Devon Conway se aanvangs-vennootskap in die derde en beslissende toets teen Engeland het ‘n rekord van 96-jaar oortref. Die reuse-vennootskap van 317 is die beste ooit vir die Swartpette in Engeland sedert 1930. Hulle is uiteindelik uitgehaal vir onderskeidelik 151 en 157op die eerste dag op Trent Bridge in Nottingham. Die gashere het die eerste toets op Lord’s in Londen gewen voor die besoekers op die Oval teruggeslaan het. Nieu-Seeland hervat vandag sy beurt op 361 vir vier.
Krieket : Latham en Conway plaas Nieu-Seeland op die voorvoet in die beslissende toets teen Engeland