# Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Australiese kolwer Marnus Labuschagne se onindrukwekkende bydraes in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen die Proteas het hom sy plek in die span gekos vir die eerste toets teen die Windies. Die aanvangskolwer kon net 17 en 22 aanteken in sy twee kolfbeurte op Lord’s. Die veteraan-kolwer Steve Smith is weens ‘n besering nie oorweeg nie, en hulle word vervang deur die tiener Sam Konstas en Josh Inglis. Die eerste van die drie toetse begin Woensdag in Bridgetown, Barbados.
Krieket: Labuschagne uitgelaat vir eerste toets teen Windies na onindrukwekkende vertoning op Lord’s