# Krieket: Môre se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Mackay beïnvloed nie die reeks nie nadat Lungi Ngidi, Matthew Breetzke en Tristan Stubbs geskitter het in gister se tweede kragmeting op dieselfde veld. Die Proteas het die reeks beklink met ‘n oorwinning met 83 lopies nadat hulle in hul beurt uitgeboul is vir 277. Breetzke het 88 aangeteken en Stubbs 74. Speler-van-die-wedstryd Ngidi het daarna vyf paaltjies geneem en die gasheer help uitboul vir 193. Suid-Afrika het die eerste wedstryd in Cairns met 98 lopies gewen.
Krieket: Laaste eendagwedstryd tussen Proteas en Australië sal reeks nie raak nie