# Krieket: Krieket Suid-Afrika het 18 nasionale kontrakte en twee hibriede kontrakte vir die 2025/2026-seisoen toegeken. Die snelbouers, Kwena Maphaka van die Leeus, Lizaad Williams van die Titans en die veelsydige Senuran Muthusamy van die Warriors het die eerste keer nasionale kontrakte gekry. David Miller en Rassie van der Dussen het hibriede kontrakte gekry en sal aan bilaterale toere en IKR-toernooie waaroor spesifiek ooreengekom is, deelneem. Hy sê onderhandelinge gaan voort oor Heinrich Klaasen se toekoms. Hy het in die vorige siklus ʼn witbal-kontrak gehad.
Krieket: KSA bied 18 spelers nasionale kontrakte aan vir 2025/2026-seisoen