Skip to content

Krieket: Kolwers Pretorius en Brevis ingesluit by eendagwedstrydgroep vir Australiese toer

# Krieket: Die kolwers Lhuan-dré Pretorius en Dewald Brevis is opgeroep vir Suid-Afrika vir volgende maand se toer in Australië. Hulle speel T20’s op 10, 12 en 16 Augustus, gevolg deur ‘n eendagreeks op 19, 22 en 24 Augustus. Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê die reeks speel ‘n groot rol in hulle beplanning vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker in Sri Lanka en Indië, asook 2027 se eendag-Wêreldbekertoernoooi in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Die draaibouler Prenelan Subrayen is ook in albei groepe ingesluit.