# Krieket: Virat Kohli sê die oorwinning was vir homself maar ook vir die ondersteuners nadat hy uiteindelik die IPL met sy 18de poging gewen het. Bengaluru se ekstatiese ondersteuners wag om hulle held met ‘n oorwinningsparade te verwelkom. Royal Challengers Bengaluru het die Punjab Kings gister met ses lopies in ‘n naelbyt-IPL-eindstryd geklop. Die 36-jarige Kohli, die enigste speler wat 18 jaar vir dieselfde IPL-span speel, het gepas die meeste lopies, 43, aangeteken. Suid-Afrika se afgetrede kolfheld AB de Villiers, wat by eindstryd was, het tien jaar saam met Kohli vir Bengaluru gespeel.
Krieket: Kohli vier IPL-oorwinning saam met AB de Villiers en aanhangers