# Krieket: Een van Indië se beste spelers, Virat Kohli, sê die voormalige Suid-Afrikaanse paaltjiewagter Mark Boucher het die grootste invloed op sy loopbaan gehad. Kohli was slegs 19 toe hy in 2008 vir Royal Challengers Bengaluru in die Indiese Premierliga begin speel het. Hy sê Boucher was sy enigste spanmaat wat sy swakpunte uitgewys en hom gehelp het om dit reg te stel. Boucher het ook gesê dit sal ‘n onreg wees wanneer hy oor vier jaar na Indië terugkeer as kommentator en Kohli speel nie vir sy land nie.
Krieket: Kohli sê Boucher was die grootste invloed op sy loopbaan